Header Artwork
AfriForum stel prokureur aan om Piet Retief-saak te moniteer

AfriForum het ’n prokureur aangestel om die hofverrigtinge in Piet Retief fyn dop te hou om te verseker dat geregtigheid geskied. Dié saak hou verband met die vyf mans wat onlangs in die Dirkieskop-gebied in hegtenis geneem is in verband met ’n voorval waarin twee mans dood is. Die vyf verdagtes word van onder meer moord aangekla.

Die formele borgaansoek het vroeër vandeesweek begin. AfriForum het personeel in Piet Retief wat die betogings op die dorp dophou en terselfdertyd intydse inligting aan AfriForum se hoofkantoor voorsien.

“AfriForum veroordeel die ideologiese opportunisme waarmee die groepe betoog, wat sonder om die ware toedrag van sake te ken voortgaan om mense op te sweep om te betoog. AfriForum sal aanhou om die saak te moniteer,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Die hofverrigtinge is uitgestel tot Maandag 26 April 2021.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN