Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus besoek CVO Skool Potgietersrus

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus het op 20 April 2021 by CVO Skool Potgietersrus besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole. Dit is vir AfriForum belangrik om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om afknouery hok te slaan.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Leerders stap ook uit met die nodige kennis om die verskil tussen boeliegedrag en konflik te verstaan, asook die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem te leer ken en wat hulle kan doen om boeliebestand te wees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Kinders kom elke dag met boeliegedrag in aanraking. Dit is belangrik dat kinders die nodige vaardighede aanleer sodat hulle boeliegedrag kan identifiseer en proaktief kan optree. Die senior leerders moet ook bewus gemaak word van die gevaarlike rol wat sosiale media in hulle lewens kan speel asook die impak van kuberafknouery. Baie dankie vir AfriForum se skitterende aanbieding wat elke kind en personeellid se hart bereik het,” sê Jan Harmse, hoof van CVO Skool Potgietersrus.

AfriForum doen ’n beroep op ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Dit is jou werk as ouer om ’n oog oor jou kind te hou en na hulle te luister. Wees bewus! Dit is belangrik om na ons kinders se geestelike welstand om te sien. Hulle is immers die leiers van die toekoms.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelie- en selfdoodbewusmakingsveldtog besoek www.teenboelie.co.za en laai ons teenboeliegids gratis af vir meer inligting.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN