Header Artwork
AfriForum bevraagteken SANRAL se moontlike gebruik van gesigherkenning-masjienleertegnologie

AfriForum het vandag ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk. (SANRAL) gerig oor dié agentskap se onlangse mediaverklaring oor die gebruik van masjienleer- (ML-)tegnologie, wat moontlik gesigherkenningsagteware insluit.

AfriForum bevraagteken SANRAL se vermoë om dié projek suksesvol in werking te stel. Boonop sal die moontlike gebruik van gesigherkenning-ML-tegnologie die publiek se grondwetlike reg tot privaatheid skend. AfriForum het SANRAL versoek om gedetailleerde inligting van die inwerkingstelling van ML-tegnologie aan die organisasie voorsien, asook inligting oor watter stappe gedoen word om te verseker dat die publiek se privaatheid beskerm word. Die burgerregteorganisasie wil ook weet wat SANRAL beplan om die moontlike misbruik van dié tegnologie te voorkom.

“AfriForum is nie gekant teen die gebruik van die nuutste tegnologie om padveiligheid, wetstoepassing of noodreaksie te verbeter nie. Dié vooruitgang kan egter nie ten koste van mense se grondwetlike regte nagejaag word nie,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

“AfriForum is besorg daaroor dat SANRAL na China verwys as voorbeeld waar ML-tegnologie suksesvol in werking gestel is – veral weens die Chinese regering se swak baanrekord wat menseregte- en privaatheidskending betref. Tegnologiese vooruitgang kan nie deur ’n regering nagejaag word om sy waarnemingsvermoë te verhoog en daardeur die privaatheid van sy burgers te skend nie – veral nie op ’n wyse wat ongehinderde misbruik tot gevolg kan hê nie,” sluit Kamfer af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN