Header Artwork
AfriForum se Wolmaransstad-tak maak sleutelpunte in dorp skoon

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het in Julie 2021 hard gewerk om sleutelpunte in dié dorp skoon te maak. Die tak het eerste die begraafplaas skoongemaak wat in ’n uiters slegte toestand was. Inwoners het gehelp om die begraafplaas weer toeganklik te maak.

Die tak het ook die ouetehuis skoongemaak. Daar is rondom die ouetehuis skoongemaak omdat gras en vullis nie net ’n brandgevaar inhou nie maar ook ’n gesondheidsrisiko.

“Beide die begraafplaas en die ouetehuis is plekke wat belangrik is vir inwoners van die dorp. AfriForum is dankbaar dat die inwoners self inspring en dit skoonmaak en nie vir die munisipaliteit wag om iets te doen nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Wolmaransstad” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN