Header Artwork
AfriForum se Bloemfontein-tak onderhou erfenisterreine

AfriForum se Bloemfontein-tak hou steeds vol met sy volhoubare projek om erfenisterreine in dié stad skoon te maak en in stand te hou. Dié projek sien veral om na die instandhouding van die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument wat binne die Ou Presidensie geleë is.

Dié volhoubare projek het gespruit uit AfriForum se jaarlikse monumentoudit wat historiese monumente in Suid-Afrika evalueer sodat rekord gehou kan word indien die monument nie genoegsame aandag ontvang nie.

AfriForum se Bloemfontein-tak is genader deur Dirk Venter wie onderneem het om die President Brand-begraafplaas in stand te hou. Dié tak word ook deur Anchor of Hope gehelp om dié erfenisterrein asook die Brits-monument skoon te hou.

“Die monumente is reeds in ’n beter toestand. AfriForum wil graag gemeenskappe se erfenis beskerm. Te veel gemeenskapslede is nie bewus van al die monumente en gedenkwaardighede in Bloemfontein nie. Die werk om plaaslike monumente skoon te hou, sal aanhou om as ’n volhoubare projek ondersteun te word deur al die AfriForum-strukture in Bloemfontein,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Help AfriForum om ons erfenis en monumente te bewaar: SMS “AfriForum” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN