Header Artwork
AfriForum & AfriForum Jeug se Wes-Kaapse brandnoodfonds

AfriForum en AfriForum Jeug neem met hartseer kennis van die brande wat vandeesmaand in die Moederstad gewoed het en het daarom besluit om ’n noodfonds te stig vir die persone wat tans die brande bestry, reddingswerkers en ondersteuningspersoneel. Hiermee sal ons ook in die DBV se behoeftes voorsien deur skenkings na hulle te kanaliseer.

Die skade aan infrastruktuur en erfenisgedenkwaardighede is ook betreurenswaardig en die herbou en restourasie daarvan sal later ’n prioriteit moet wees. Op die oomblik is die onmiddellike nood die mense en diere op die grond, asook die omliggende areas wat onder sekondêre gevolge ly, soos ontruiming en asemhalingsprobleme.

AfriForum het op 19 April 2021 direk kontak gemaak met bepaalde rolspelers om items te identifiseer wat benodig word, maar wat nie in die stadium uit skenkings verkry word nie.

Ons moedig mense in die omgewing aan om skenkings by hulle naaste punte af te laai indien moontlik, maar om ook AfriForum se sosiale media dop te hou vir meer inligting oor gefokusde skenkings en donasies.

Individue en instansies wat graag betrokke wil raak, maar nie self ’n skenking in Kaapstad kan aflewer nie, kan help deur ’n skenking aan die Wes-Kaapse brandnoodfonds te maak.

Hoe kan jy skenk?

Internasionaal: GivenGain: https://www.givengain.com/cc/noodfonds/

Plaaslik:

Bank: FNB

Rekeninghouer: AfriForum NPC

Takkode: 261550

Rekeningnommer: 62349898398

SWIFT-kode: FIRNZAJJ

Verwysing: Wes-Kaapse brande

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN