Header Artwork
AfriForum-buurtwag in Stilfontein maak Kowie-verkeersirkel klaar

Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het die afgelope naweek weer aan die verkeersirkel op die hoek van Keurboom- en Kowiestraat gewerk. Die sirkel is skoongemaak en opgeknap. Die buurtwag het ook die padmerkers en die spoedwal by die stopteken in Umgenistraat oorgeverf.

Maandag het sommige van die lede voortgegaan en na die sakesentrum beweeg. Hulle het voor FNB en die gemeenskapsentrum opgeruim en gras gesny.

“Ek is baie trots op hierdie span wat so ’n groot verskil in Stilfontein maak. As die hele gemeenskap betrokke raak, sal berge versit kan word in dié dorp,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Stilfontein” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN