Header Artwork
AfriForum se Lichtenburg-tak gebruik 12 ton teer om slaggate op te vul

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het van 24 Maart tot 20 April 401 sakkies teer, wat gelykstaande is aan 12 ton, gebruik om slaggate in die dorp op te vul. Die herstelwerk is in Hendrik Potgieterstraat gedoen en vorm deel van die tak se volhoubare slaggatherstelprojek. Met die volhoubare projek, wat in Maart van stapel gestuur is, het die tak reeds meer as 20 ton teer gebruik vir die opvul van slaggate met ’n totale omvang van ongeveer 160 m2.

“Die swak toestand van Hendrik Potgieterstraat is nadelig vir sakeondernemings omdat mense die pad weens die haglike toestand vermy. Die tak se slaggatherstelprojek het egter reeds uitstekende vordering gemaak en ’n mens kan al ’n beduidende verskil opmerk in die toestand van die dorp se hoofstraat. Ons bedank graag die munisipaliteit wat toerusting beskikbaar stel en sodoende tot die projek se sukses bydra,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Die skenkings wat ons tot dusver ontvang het, het hierdie projek moontlik gemaak. ’n Spesiale woord van dank moet uitgaan aan Tenie Niemand en Print a Shirt vir hulle skenkings en bydraes tydens die projek. Die projek is egter peperduur en ons benodig die gemeenskap se hulp om selfs ’n groter verskil te maak. Ons daag daarom al die ondernemings in Hendrik Potgieterstraat uit om skenkings aan die tak te maak sodat ons die paaie nog verder kan verbeter tot almal se voordeel,” sê Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

Pine Pienaar (bestuurslid van AfriForum se Lichtenburg-tak) bestuur die projek en sakeondernemings en gemeenskapslede kan hom gerus by 082 371 5312 skakel om slaggate te nomineer en om by die projek betrokke te raak. Die organisasie doen werklik ’n beroep op die gemeenskap om skenkings te maak en by die Lichtenburg-tak aan te sluit sodat die projek volhoubaar gedryf kan word.

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1) of skakel Niemand by 082 212 1588.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN