Header Artwork
AfriForum se Ventersdorp-buurtwag help om kabeldiewe in hegtenis te neem

Die AfriForum-buurtwag in Ventersdorp het Woensdagoggend die polisie en ’n sekuriteitsmaatskappy gehelp om vermeende kabeldiewe vas te trek. Die sekuriteitsmaatskappy het met behulp van kringtelevisiekameras berig ontvang van drie verdagte voertuie wat vanaf Coligny na Ventersdorp op pad was. Die sekuriteitsmaatskappy het die buurtwag en die SAPD-speurtak ontbied.

’n Voertuig met vier verdagtes is afgetrek, maar het ontsnap toe die aandag op ’n minibustaxi gevestig was. Die taxi was vol sakke met gesteelde koperdraad en die enigste insittende is in hegtenis geneem. Die ander vier verdagtes is by Viljoenskroon vasgetrek en oorgeplaas na die Ventersdorp-polisiekantoor.

“Hierdie voorval, waar vyf vermeende kabeldiewe uiteindelik vasgetrek is, bewys die waarde van goeie samewerking tussen verskeie instansies. Dit is tot groot voordeel van Ventersdorp se gemeenskap dat die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en die AfriForum-buurtwag so goed saamwerk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. SMS “Ventersdorp” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN