Header Artwork
AfriForum se Vereeniging-tak skenk 42 ton teer aan gemeenskap

AfriForum se Vereeniging-tak het in Meimaand as deel van dié burgerregteorganisasie se slaggatprojek altesaam 42 ton teer aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

Die publiek kon op 22 Mei en 29 Mei 2021 teer afhaal oorkant die Hoërskool Overvaal om slaggate op te vul in hul woonbuurte. Die projek het alle verwagtinge oortref en dit was opmerklik dat die teer eintlik min was in vergelyking met die gemeenskap se behoefte daaraan.

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, sê dit is ’n bewys dat die Emfuleni Munisipaliteit nie hul verpligtinge nakom om strate in stand te hou nie. “Die strate in Emfuleni is in ’n haglike toestand en hou wesenlike gevare vir motoriste in. Talle inwoners het al aansienlike skade aan hul motors opgedoen weens slaggate.”

“AfriForum is dankbaar vir die feit dat inwoners bereid is om self herstelwerk in hul gemeenskap te doen. Dit is nodig dat inwoners eienaarskap neem van hul omgewing waar die regering nalaat om hul verpligtinge na te kom,” sê Blignault.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN