Header Artwork
AfriForum se Upington-tak skop #VegEnBou-projek af   

Die AfriForum-tak in Upington het van 11 tot 14 Mei in samewerking met die plaaslike Walker Midas, as deel van die organisasie se #VegEnBou-projek, die hoofpaaie van Upington skoongemaak, die bome gesnoei en die gras gesny.

Hierdie aksie het by die treinbrug in Schroderstraat begin en daarna na Dr. Nelson Mandelarylaan naby die Voortrekkersentrum beweeg.

Daar is in totaal 87 sakke vullis verwyder en 43 bakkie vragte vol tuinafval weggery. ’n Padskraper is ook ingespan om die agterste deel van die brug weer netjies te kry.

“Ons wil graag die hele dorp uitdaag om hulle kant te bring om ons omgewing skoon en netjies te hou,” sê Erica Strauss, AfriForum se takvoorsitter vir Upington. “As elkeen sy kant bring en sorg dat dit netjies voor sy eie huis is, sal dit reeds ’n groot verskil maak.”

Dra vandag nog by tot dié tak se taknoodfonds – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Upington” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN