Header Artwork
AfriForum se Bloemhof-tak hou inligtingsaand

Die AfriForum Bloemhof-tak het op Woensdag 12 Mei ’n inligtingsaand by die plaaslike N.G. Kerk gehou. Dié aand  was deel van ’n reeks inligtingsessies om die gemeenskap op hoogte te hou van toepaslike onderwerpe en aktuele sake in sowel Suid-Afrika as die res van die wêreld.

Die inligtingsessie het onderwerpe soos plaaslike en internasionale politiek, die ekonomie, die impak van COVID-19 en die pad vorentoe gedek.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum, sê mense is deesdae verward oor wat die toekoms inhou en wat op die politieke en ekonomiese terreine gebeur, veral in die lig van die COVID-19-pandemie. “Onsekerheid skep vrees en dit kan verlammend wees. Ons wil met hierdie gesprekke en ontledings verseker dat mense nie slegs sensasionele nuusbrokkies ontvang nie, maar ’n gebalanseerde weergawe van die waarheid. Dit is wel so dat daar baie slegte nuus in hierdie tyd is en dat ’n mens daarvan moet kennis neem, maar dit word ook deur goeie nuus getemper.”

Volgens Brink kan mense optree en ’n verskil maak indien hulle voldoende ingelig is oor wat die stand van sake is. “Konteks en eerlike ontledings is dus ons belangrikste vertrekpunte met dié praatjies. Op ’n praktiese vlak wil ons ook meer en in persoon na veral plattelandse gemeenskappe uitreik. Mense is uitgehonger om mekaar ondanks COVID-19 te sien en saam te gesels oor onderwerpe wat ons almal raak. Die platteland word op soveel maniere afgeskeep en benadeel, en ons wil hierdeur wys dat ons groot waardering het vir wat die platteland vir ons as Afrikaners en die land as geheel beteken. Dit bied ons ook die geleentheid om iets te kom teruggee,” sê Brink.

“Die terugvoer ná die gesprek was positief. Soms voel plattelandse gemeenskappe afgeskeep ten opsigte van hierdie soort inligtingsessies. Dit is daarom vir AfriForum ’n groot voorreg om iets soos dié aan te bied. Soortgelyke inligtingsessies word ook vir ander dele van die platteland beplan,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum moedig ander AfriForum-takke en -gemeenskappe aan om die organisasie te kontak indien hulle sulke geleenthede wil hou.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN