Header Artwork
AfriForum se Upington-tak skenk voedsel aan sopkombuis      

Die AfriForum-tak in Upington het op 4 Maart voedsel aan die sopkombuis in die Kalksloot-woonbuurt geskenk. Dié sopkombuis gee vir sowat 100 kinders minstens een maaltyd per dag.

Die voedselprodukte wat aan die sopkombuis geskenk is, sluit in mieliemeel, rys, koekmeel, vars brood en 10 kg hoender. Die sopkombuis is byna twee jaar oud en volgens Sandra Bosman, ’n vrywilliger, kry die sopkombuis, soos baie ander in die gemeenskap, geen staatshulp nie en is dus afhanklik van skenkings.

“Dit is vir ons baie belangrik dat ons gemeenskap gevoed moet word en dit is hoekom AfriForum se Upington-tak hier betrokke geraak het,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

“Hierdie is een van ons tak se deurlopende projekte en ons wil graag ’n beroep doen op die gemeenskap en ondernemings in die gemeenskap om julle harte oop te maak en te help waar julle kan om die nood te verlig,” sê Erica Strauss, voorsitter van die AfriForum-tak in Upington.

Dra by tot die AfriForum-tak in Upington se noodfonds en maak ’n verskil in jou gemeenskap. SMS “Upington” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN