Header Artwork
AfriForum se Kuruman-tak sny gras vir beter sigbaarheid

Die AfriForum-tak in Kuruman het op 6 Maart 2021 gras gesny en bome gesnoei wat veral by kruisings voetgangers en motoriste se sig belemmer. Heelwat gemeenskapslede het oor die toestand van die dorp gekla, want die munisipaliteit versuim om skoon te maak en die dorp te onderhou.

Dié opruimingsprojek het in Middelplaas op die kruising van Poolman- en Thompsonstraat en op die pad na Hotazel (R380) plaasgevind. Nog 16 ander kruisings is oopgesny en opgeruim.

“Ons wil graag ’n verskil in ons dorp maak, want elke inwoner het die reg om in ’n skoon en veilige dorp te bly,” sê Gerald Tonsing, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Die tak daag die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit uit om die res van die dorp skoon te hou en vir motoriste en voetgangers te beveilig.

Raak vandag nog by dié AfriForum-tak betrokke: SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN