Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek in die Strand

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 18 Augustus 2021 by die Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek in die Strand in die Wes-Kaap besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Afknouery is iets waarmee kinders op ’n daaglikse basis gekonfronteer word. Daarom is dit vir ons wat daagliks met kinders werk belangrik dat hulle bewus gemaak word van boeliegedrag. Nie net moet ons kinders bewus wees van wat afknouery is nie, maar moet hulle ook toegerus word met die nodige kennis oor hoe om dit te hanteer. Ons is daarom so dankbaar vir AfriForum se praktiese bewusmakingsveldtog oor afknouery. Dit word op ’n praktiese en oulike manier aangebied wat ook maklik verstaanbaar is vir ons kinders,” sê Joey Lotter, bestuurder van die Strand-gemeenskapsentrum.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN