Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Aitsa!-nasorgsentrum

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 18 Augustus 2021 by die Aitsa!-nasorgsentrum in Stellenbosch besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Ons kinders kry swaar onder die las van boelies wat hulle emosioneel of fisies treiter. Dit was ’n groot seën om AfriForum by ons te kon hê met hulle teenboelieveldtog waar ons kinders toegerus is met die nodige vaardighede om boeliegedrag te hanteer en aan te spreek. Die bewusmaking dat afknouery verkeerd is en dat kinders daarteen moet opstaan, bemagtig werklik kinders om nie meer slagoffers te wees nie, maar liewer kampvegters teen hierdie euwel. Dankie, AfriForum, vir julle wonderlike werk,” sê Marietjie Steyn, projekbestuurder by Aitsa!-nasorgsentrum.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN