Header Artwork
Forum Nuus: Die week se blitsflits

Deur Marthinus Koekemoer

In ’n week waar die regering nog ’n vorm van belasting, die staatsbeheerde nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NFSS), vir die werkende mense van die land uitgedink het, het AfriForum op verskeie plekke ingespring om ’n verskil te maak.

Wat die NFSS aanbetref, wat beoog om soveel as 12% van jou salaris te eis, het AfriForum die idee as roekeloos bestempel en sal die organisasie dit beveg. Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling, sê die voorstel is vergesog en tekenend van die ANC wat eenvoudig nie volgehoue ekonomiese groei kan bewerkstellig nie.

AfriForum se takke in Noordwes het ’n konferensie in samewerking met die Swartruggens-gemeenskap gehou om ’n konstruktiewe samewerkingsooreenkoms met die SAPD en die Departement van Justisie te vestig. Tien senior polisie offisiere het die geleentheid bygewoon.

“Boeliegedrag is ’n groot probleem onder kinders. AfriForum se leersame demonstrasie by Somerset-Wes Laerskool het die kinders handige vaardighede geleer om boelies effektief te hanteer,” het Aninke Korf, onderwyseres van dié skool, ná afloop van AfriForum se besoek met die teenboelieveldtog aan die skool gesê.

Matteus en Leandie Bräsler tydens die teenboelieveldtog by Somerset-Wes Laerskool.

 

Hoewel die AfriForum-tak op Langebaan onlangs eers gestig is, het dié tak hierdie week ’n buurtwag op die been gebring. “Noudat die buurtwag gestig is gaan buurtwaglede deurlopend opleiding ontvang en sal hulle ook ander beskerming en voordele geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland en Weskus.

Met die land steeds in die greep van die COVID-19-pandemie het die AfriForum-tak op Marble Hall dit goed gedink om ’n suurstofmasjien aan te skaf om sodoende lede van die gemeenskap wat in nood verkeer te help.

Lizette Pretorius, Pieter van Heerden en Rachelle Bredell.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN