Header Artwork
AfriForum se Secunda-buurtwag help gemeenskap ná swaar reën

Die AfriForum-buurtwag in Secunda het die afgelope paar dae hulp aan die gemeenskap verleen nadat swaar reën in die omgewing geval het. Verskeie paaie was oorstroom of versper.

“Die buurtwag en ander instansies het inwoners gewaarsku oor paaie wat oorstroom was. Die buurtwag het ook gehelp om motors uit te sleep sodat mense veilig kon terugkeer huis toe,” sê Dawie de Villiers, leier van AfriForum se Secunda-buurtwag.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien dat baie van ons AfriForum-buurtwagte na hul gemeenskappe omsien en dat die gemeenskap se veiligheid vir hulle belangrik is,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Mpumalanga.

Dié buurtwag moedig mense aan om by hul strukture betrokke te raak om mekaar te ondersteun. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Secunda” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN