Header Artwork
AfriForum se Sasolburg-tak gebruik 30 ton teer vir slaggatprojek   

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Mei aan die organisasie se landswye slaggatkompetisie deelgeneem. Daar is altesaam 20 ton teer in Sasolburg gebruik en 10 ton in Vaalpark – ongeveer 1 447 slaggate in totaal is gevul.

Die gemeenskap is uitgenooi om teer te skenk en dan ’n straat te nomineer waar slaggate gevul moet word. Die totale geldwaarde van die teer wat tydens hierdie projek gebruik is, beloop sowat R72 390 en slaggate in 50 strate in Sasolburg en Vaalpark is gevul.

Johan Cooks, die takvoorsitter, wil graag die gemeenskap van Sasolburg en Vaalpark bedank vir die ruim skenkings wat ontvang is. Hy bedank ook elke persoon wat water, koeldrank en kos afgelaai het waar daar gewerk is. “Ek kan nie anders as om die bestuur in besonder te bedank nie, Jan Meiring, Jo Fourie en Amor Powell wat die teerwerk gedoen het, Hanlie Powell wat gesorg het dat daar genoeg verversings is en Andre Vallentgoed wat die teerinsameling georganiseer het. Julle is staatmakers,” sluit Cooks af.

“Ek is ongelooflik trots op hierdie tak wat uitputtende werk gedoen het en ek is seker hierdie is maar slegs die begin. As elkeen in die gemeenskap by hierdie aksies betrokke raak, ruk ons Sasolburg binnekort reg,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN