Header Artwork
AfriForum se Parys-tak woeker in die dorp   

Die AfriForum-tak in Parys het in Mei sy slaggatherstelprojek in die dorp voortgesit en 2 ton teer gebruik om slaggate op te vul. Slaggate is in Caroblaan, Boom-, Noorder-, Grens-, Van Coller- en Van der Hovenstraat opgevul.

Die tak het ook in samewerking met Parys Selfdoen sy volhoubare skoonmaakprojek in die begraafplaas voortgesit. Hierdie projek behels die skoonmaak van grafstene, die snoei van bome, die sny van gras, asook die optel en verwydering van rommel.

“Dit is lekker om te sien dat daar inwoners in Parys is wat bereid is om self te doen en dat verskillende organisasies hande vat om die dorp te verbeter. AfriForum vra dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie ook betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN