Header Artwork
AfriForum se Potchefstroom-tak verf spoedhobbels in Rocherstraat

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 24 April drie spoedhobbels in Rocherstraat voor die Hoërskool Die Wilge geverf. Omdat die hobbels om ’n draai in die pad geleë is hou dit ’n gevaar vir sowel motoriste as leerders in. Die pad is ook besig, dus is dit noodsaaklik dat die hobbels se verf in stand gehou word om veiligheid te verseker.

Kappie van Wyk, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak, sê dit is noodsaaklik dat elke inwoner by selfdoenprojekte betrokke raak omdat die dorp se infrastruktuur baie agteruitgegaan het.

“Ek wil graag elke inwoner van Potchefstroom uitdaag om betrokke te raak by selfdoenprojekte. As jy ons kontak, is jou straat dalk volgende. Ons het elke inwoner se hulp nodig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke en help sodoende om jou gemeenskap te verbeter. Skakel Leanie van Ronge by 072 314 1774 om aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN