Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak maak ou militêre begraafplaas skoon

Die AfriForum-tak in Centurion het op 24 April 2021 saam met die Orde van die Boshoed begin om die ou militêre begraafplaas in Voortrekkerhoogte (nou Thaba Tshwane) skoon te maak. Dié begraafplaas is in ’n haglike toestand: Boumateriaal en huisvullis word onwettig daar gestort, die plantegroei het byna alles toegegroei en oop vure word gereeld daar gemaak.

Die Centurion-tak het ’n trekker en snyer, ’n industriële grassnyer en heelwat bossiekappers gebruik om die gras netjies te sny en sommige van die bosse te verwyder. Sakke vol vullis is opgetel en verwyder. Die omgewing aan Valhalla se kant het ongelukkig in ’n onwettige vullisterrein verander.

“Dit is skokkend om te sien hoe hierdie begraafplaas agteruitgegaan het en net so gelaat word om verder te verval. AfriForum sal aanhou om eienaarskap van ons erfenis te neem en dit te beskerm. Projekte soos dié is baie belangrik omdat gemeenskapslede steeds hul geliefdes wil besoek wat hier rus,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Dit het groot vreugde verskaf om hierdie projek aan te pak. Mans en vroue wat mekaar die laaste keer 34 jaar gelede op die grens gesien het, het vandag wéér hande gevat om saam te werk. AfriForum se Centurion-tak wil graag almal bedank vir hul deelname en harde werk,” sê André de Bruyn, AfriForum se Centurion-takvoorsitter.

Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groep aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN