Header Artwork
AfriForum se Oudtshoorn-tak deel bederfpakkies aan gesondheidswerkers uit

Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het op 26 Augustus bederfpakkies aan gesondheidswerkers by staatsklinieke in en om Oudtshoorn uitgedeel.

Taklede het vroegoggend al begin by die klinieke in De Rust en Dysselsdorp, waar lang rye mense reeds geduldig gestaan en wag het vir gesondheidsorg. Gesondheidswerkers het bevestig dat die meerderheid besoekers aan die onderskeie klinieke daar wag om die COVID-19-entstof te ontvang.

Die bederfpakkies het onder meer gesigmaskers, sjokolade en kitspakkies cappuccino bevat. Tydens hierdie aksie het die tak bykans 200 gesondheidswerkers bereik wat by ses klinieke in die Oudtshoorn-omgewing werksaam is.

Johan Conradie, voorsitter van AfriForum se Oudtshoorn-tak, het die gesondheidswerkers vir hul onbaatsugtige diens bedank. “Ons wou graag op hierdie manier vir die gesondheidswerkers wys dat ons hulle waardeer. Die pandemie woed al vir meer as ’n jaar en ons weet nie hoe lank gaan ons nog daarmee moet saamleef nie. Dit is ons as gemeenskap se verantwoordelikheid om hierdie mense se hande sterk te maak en hulle te bemoedig om aan te hou om die stryd te stry.”

“Ek wens graag die Oudtshoorn-tak van harte geluk met hierdie baie mooi inisiatief. Ons aanvaar hierdie helde se werk as vanselfsprekend en besef nie altyd die opofferings wat hulle maak nie; ons moet hulle ondersteun. AfriForum gee graag namens sy lede erkenning aan hierdie manne en vroue,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid- en Oos-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum se Oudtshoorn-tak betrokke: SMS “Oudtshoorn” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN