Header Artwork
AfriForum eis antwoorde oor voortslepende kragonderbrekings in Ermelo

AfriForum het ’n dringende skrywe gestuur aan mnr. S.I. Malaza, waarnemende munisipale bestuurder van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit, rakende voortslepende kragonderbrekings in Ermelo.

Dit volg nadat die munisipaliteit versuim het om hul pligte en verantwoordelikhede uit te voer soos vervat in die lisensievoorwaardes van die energiereguleerder, Nersa. Daar is gereelde kragonderbrekings wat die plaaslike ekonomie onder beduidende druk plaas en dit uitdagend maak om sake te doen in dié dorp. Die  gemeenskap kan eenvoudig nie langer so benadeel word nie.

AfriForum versoek dat die munisipaliteit die nodige inligting verstrek wat die nakoming van die genoemde lisensie weerspieël, of alternatiewelik alle dienste herstel voor of op 3 September 2021  soos vereis deur die lisensie wat Nersa aan die munisipaliteit uitgereik het.

“Indien die munisipaliteit nie die nodige stappe doen om die probleme aan te spreek nie, sal AfriForum nie huiwer om ’n dispuut te verklaar by Nersa nie. Ons kan nie toelaat dat die gemeenskap onder die swak bestuur van die munisipaliteit ly nie,” sê Corné Cronjé, AfriForum se bestuurder van gemeenskapsake.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: SMS “Ermelo” na 45340 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN