Header Artwork
AfriForum se Lichtenburg-tak reorganiseer   

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 26 Augustus ’n bestuursvergadering gehou, waartydens die takbestuur gereorganiseer is.

Stefan Niemand (voormalige takvoorsitter) het ná drie jaar se diens bedank weens persoonlike sowel sakeverpligtinge wat baie tyd van hom vereis en veral in die opkomende jaar baie aandag gaan verg. Hy het daarom besluit om die leisels eerder oor te gee as om sy verpligtinge as voorsitter af te skeep. Steyn Kearney is as waarnemende takvoorsitter aangewys.

“Baie dankie aan die vorige bestuur, wat die gemeenskap met toewyding gedien het. Die suksesse wat behaal is, spreek boekdele. Praktiese voorbeelde hiervan is die bydrae tot verbetering van infrastruktuur in Lichtenburg. Die voormalige bestuur het werklik groot sukses onder die leiding van Stefan Niemand behaal. AfriForum is trots op julle en ons sien baie daarna uit om saam met die nuwe takbestuur op hierdie suksesse voort te bou,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die organisasie moedig gemeenskapslede aan om by die takbestuur betrokke te raak. Kontak Steyn Kearney by 082 803 3628 of Pine Pienaar by 082 371 5312 om deel van die oplossing te word.

Gemeenskapslede kan ook betrokke raak by AfriForum se Lichtenburg-tak deur “Lichtenburg” na 45344 te SMS (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN