Header Artwork
AfriForum se Ottosdal-tak vul meer as 100 slaggate op

Die AfriForum-tak in Ottosdal het op 29 Mei 2021 sowat 2,5 ton teer gebruik om meer as 100 slaggate op te vul as deel van AfriForum se #VegEnBou-plan.

Dié plattelandse dorp, net soos vele ander in die Noordwes, se paaie is in ’n chaotiese toestand. Elke straat in die dorp het slaggate en sommige paaie is totaal onbegaanbaar.

Die plaaslike AfriForum-tak het dus besluit om ’n verskil te maak deur 2,5 ton teer te gebruik om slaggate in die dorpte vul. Sowat 100 sakkies asfalteer is geskenk deur ’n plaaslike sakeman.

Die plaaslike bestuurspan en vrywilligers het al vroegoggend begin om die gate in Le Rouxstraat te herstel. Inwoners van die dorp het hand bygesit en was baie entoesiasties om deel te wees van die projek. Hierdie was die eerste amptelike takprojek waar die gemeenskap ook uitgenooi was om deel te neem.

“AfriForum se Ottosdal-tak het bewys dat groot getalle nie altyd nodig is nie, maar bereidwilligheid wel. Dit was uiters bemoedigend om te sien hoe so ’n plattelandse dorp saam staan om ’n verskil te maak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Die inwoners van Ottosdal is keelvol vir slaggate en swak dienslewering. Hierdie is maar ’n druppel in die emmer van wat nog gedoen kan word wanneer ons saamwerk. Ek nooi die gemeenskap van Ottosdal uit om betrokke te raak en sodoende deel van die oplossing te word,” sê Leon Botha, voorsitter van AfriForum se Ottosdal-tak.

Sluit nog vandag by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45344 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN