Header Artwork
AfriForum se Krugersdorp-tak doen herstelwerk by Hopelands Village

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 29 Mei 2021 herstelwerk gedoen by Hopelands Village, ’n tehuis vir babas wat verlaat of verwaarloos word.

Dié tak se bemarkingspan het gehelp met opknappingswerk by die tehuis se nuwe perseel. Verfwerk, elektrisiteitswerk, loodgieterswerk, die sny van bome en vele ander klein take is verrig.

Martin Lombard, voorsitter van AfriForum se Krugersdorp-tak, sê dit was ’n hartroerende dag. “Ons harte gaan uit na dié mense wat dag na dag hul lewens opoffer vir ander. Die jeug van môre het weer ’n kans op ’n goeie lewe danksy plekke soos Hopelands Village. Die tak is trots daarop om deel te wees van sulke projekte,” sê Lombard. 

Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, sê dis bemoedigend dat die gemeenskap bereid is om hul naweke op te offer om ’n verskil in die lewens van weerlose kinders te maak.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN