Header Artwork
AfriForum en Solidariteit se stryd oor rassistiese TEF sal in hof voortgaan

AfriForum en Solidaritet is reg om minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane die stryd aan te sê en sal voortgaan met ’n hofaansoek om die regering se Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) onwettig te laat verklaar. Die hof het op 27 April 2021 ’n interdik aan dié twee instansies toegestaan wat die regering verhoed om enige fondse uit te betaal hangende dié hofuitspraak

“Ons sien uit daarna om die minister in die hof te ontmoet. Sy meld graag dat ondernemings met swart eienaars swaarkry en hulp moet ontvang, maar steur haar nie aan die swaarkry van ondernemings met wit eienaars of dié se werknemers nie. Om Solidariteit en AfriForum as sondaars uit te kryt, is vir haar gerieflik; tog is dit sy en haar departement wat versuim het om die nodige administratiewe prosesse te volg en dus die fonds verkeerdelik die lig laat sien het,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

“Die Covid-19-pandemie en die regering se inperkingsregulasies het alle ondernemings in die toerisme bedryf geraak, ongeag die eienaars se ras. Die minister van toerisme is ontsteld deur die feit dat AfriForum en Solidariteit die rassistiese, diskriminerende Toerisme-ekwiteitsfonds ‘frustreer’. AfriForum en Solidariteit sal diegene wat probeer om sistemiese rassisme teen minderhede te bevorder, graag ‘frustreer’,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhou by AfriForum.

“Ons kan nie toelaat dat die regering rasfondse stig wat uiteindelik almal benadeel nie. Dit is nie net wit of swart eienaars nie, maar ook talle werknemers en families wat deur die regering se kortsigtigheid geraak word. Ons sal aanhou om waghond te wees en die regering tot verantwoording te dwing,” sluit Van der Bijl af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN