Header Artwork
AfriForum besoek Lanternskool as deel van nasionale kinderbeskermingsweek

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 31 Mei 2021 by die Lanternskool in Roodepoort besoek afgelê as deel van die nasionale kinderbeskermingsweek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Lanternskool het hierdie week ’n boeliebewusmakingsweek by die skool. AfriForum het die kinders toegespreek oor boeliegedrag, wat boeliegedrag presies is, asook die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem. Ons gaan Dinsdag groepwerk doen waar ons die verskillende tipes boelies gaan uitbeeld. Woensdag gaan ons die mooi eienskappe van ons maats neerskryf en dit dan op ons rug dra. Donderdag gaan ons ’n gesiggie wat glimlag op ons maskers verf omdat ons vriendelik met almal wil wees. Vrydag gaan ons wit vlaggies maak om te wys ons leef van nou af in vrede,” sê Sonja Lombaard, onderwyseres by die Lanternskool.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN