Header Artwork
AfriForum se Zeerust-tak begin volhoubare skoonmaakprojek by monument

Die AfriForum-tak in Zeerust het in Mei ’n volhoubare skoonmaakprojek begin om die instandhouding van die Burger-monument te verseker. Die tak het dié monument in Maart geoudit en skoonmaak as deel van AfriForum se monumentouditprojek.

By dié monument is daar oorspronklike grafstene in die muur ingebou van burgers wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het. Burgers wat tydens die Slag van Kleinfontein, die Slag van Buffelshoek en die Beleg van Mafeking gesterf het, is ook hier herbegrawe, asook ’n paar burgers van Marico en die omliggende omgewing wat elders gesterf het.

“Die monument is vir etlike jare deur die munisipaliteit verwaarloos en was in ’n slegte toestand. Ons volhoubare projek sal verseker dat die gras op die perseel kort bly en dat rommel wat daar gestrooi word gereeld verwyder word,” sê Pierre van der Walt, ondervoorsitter van AfriForum se Zeerust-tak.

“Geskiedenis speel ’n belangrike rol in ons lewens. Dit help ons om uit die verlede te leer sodat ons beter besluite in die hede kan neem. Daarom moet hierdie monumente bewaar word – ook vir die geslagte wat kom,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners dus aan om betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum se Zeerust-tak aan deur Pierre van der Walt by 082 569 8564 te skakel. Jy kan ook “Zeerust” na 45344 SMS (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN