Header Artwork
AfriForum se Klerksdorp-tak maan Matlosana-munisipaliteit aan oor haglike toestand van rioolwerke

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het verlede week ’n dringende skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die haglike toestand van die rioolwerke. Die feit dat die meeste van die masjiene by die rioolwerke nie werk nie, het tot gevolg dat rou riool direk in die Schoonspruit vloei.

Die tak het watermonsters by die invloei van die rioolwerke in die Schoonspruit geneem en die uitslae dui daarop dat die E. coli-telling te hoog is om te meet. Omdat dit ’n strafregtelike oortreding is, het die tak die munisipaliteit tot 5 Mei gegee om drastiese stappe te doen om die rioolwerke weer op peil te kry. Indien daar nie aan die versoek gehoor gegee word nie, sal verdere stappe gedoen moet word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit toelaat dat rou riool die Schoonspruit besoedel. Die munisipaliteit moet tot verantwoording geroep word en begin om hulle pligte na te kom,” sê Frans Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp.

“AfriForum sal hierdie saak nie net daar los nie. Dit is onaanvaarbaar dat ons spruite en riviere so besoedel word. Ons vra lede van die gemeenskap om sulke sake onder ons aandag te bring,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om die munisipaliteit tot verantwoording te bring. Word deel van die oplossing: SMS “Klerksdorp” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN