Header Artwork
AfriForum se Bloemfontein-takke verwyder 600 ton vullis

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het gedurende April in Fichardtpark, Pellissier en Gardeniapark vullis verwyder nadat die Mangaung Metro vir drie weke lank geen vullis verwyder het nie. AfriForum het kontrakteurs gebruik wat sowat 300 ton vullis in Fichardtpark en 150 ton vullis in Pellissier verwyder het. AfriForum-buurtwaglede het 150 ton vullis in Gardeniapark verwyder.

AfriForum lewer reeds sedert September 2020 ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein wat by dié diens aangesluit het omdat die munisipaliteit nie gereeld vullis verwyder het nie.

“Dit is uiters swak dat die munisipaliteit nie basiese dienste kan lewer waarvoor belastingbetalers opdok nie. Dit veroorsaak ’n omgewings- en gesondheidsrisiko vir die gemeenskap,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om by die vullisverwyderingsdiens aan te sluit. Enigiemand kan van die diens gebruik maak; dit is nie eksklusief vir AfriForum-lede nie. Inwoners wat van die diens gebruik maak, ontvang groen AfriForum-vullissakke en ’n skedule is ook beskikbaar om te sien op watter dag vullis in die betrokke gebied verwyder word,” sê Groenewald.

Registreer hier vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens of SMS “Bloemfontein” na 45266 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN