Header Artwork
AfriForum se Bethlehem-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 22 April 2021 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die takbestuur gereorganiseer het en nuwe bestuurslede verkies is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende mense is tot die bestuur verkies: Theo Kleynhans (voorsitter), Johann Steyn Sr. (ondervoorsitter), Ben Jacobs (tesourier), Leon Badenhorst (sekretaris), Johann Steyn Jr. (gemeenskapsveiligheid), Marc Timmins (plaaslikeregeringsake), Annelie Kleynhans (omgewingsake), Anita Schoeman-Scott (jeug), Tertius du Preez (erfenis en kultuursake), Janina Buys (media en bemarking) en Christa Ikking (projekte).

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter omgewing en toekoms vir almal skep,” sê Morgan.

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN