Header Artwork
 AfriForum se Keimoes-tak deel duisende lemoene by skole uit

AfriForum se Keimoes-tak het oor die afgelope week sowat 2 200 lemoene uitgedeel by vyf skole in die gebied. ’n Plaaslike boer wat graag anoniem wil bly het die lemoene aan die tak geskenk, waarna dit uitgedeel is.

Die lemoene is geskenk aan Hoërskool Keimoes, Primêre Skool Vyebos, Laerskool Soverby, Laerskool Curriescamp en Laerskool Keimoes. Lemoene is ’n waardevolle bron van vitamien C en versterk die immuunstelsel, wat veral belangrik is met COVID-19 wat mense se gesondheid bedreig.

“AfriForum se Keimoes-tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en ’n verskil te maak, veral in die moeilike tye waarin ons onsself tans bevind,” sê Meisie Pool, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Keimoes-tak.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350  (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN