Header Artwork
 AfriForum se tak in Upington skenk kos aan behoeftiges

AfriForum se Upington-tak het oor die afgelope maand hard gewerk om kos te voorsien aan behoeftige mense in die gemeenskap. Oor dié tydperk het die tak meer as 1 600 brode aan sopkombuise geskenk in onder meer Rosedale, Kalksloot, Pabalelo en Stasiekamp. Dié woonbuurte gaan gebuk onder armoede weens erge werkloosheid, en hulle ontvang geen hulp van die regering nie.

Die plaaslike AfriForum-tak het dus kragte saamgespan met die Gemsbok Bakkery om ’n verskil te maak in hierdie gemeenskappe. Wit- en bruinbrood word daagliks deur die bakkery aan AfriForum geskenk, wat dit dan aflewer by die sopkombuise.

“AfriForum se Upington-tak bedank die Gemsbok Bakkery vir die bereidwilligheid om ’n werklike verskil in die gemeenskap te maak,” sê Erica Strauss, voorsitter van AfriForum se Upington-tak.

Intussen het die tak op 24 Augustus 2021 kos en lekkernye aan die Jogebet-pleeghuis geskenk. Dié skenking kom nadat die drywer, wat die kinders gewoonlik skool toe geneem het en om inkopies te doen, oorlede is weens COVID-19. Van die voorraad wat geskenk is, sluit onder meer lemoene, appels, langlewe melk, koekies en skyfies in.

Daar is ongeveer tien pleegkinders in die sorg van die Jogebet-pleeghuis en een pleegmoeder wat geen hulp van die regering af kry nie. “Die AfriForum-tak in Upington wil die gemeenskap aanmoedig om ’n verskil te maak en te help. In die onsekere tye waarin ons onsself bevind is dit belangrik dat ’n mens jou naaste bystaan,” sê Strauss.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350  (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN