Header Artwork
AfriForum se Groter Moot-buurtwag werk saam met Tshwane-metropolisie en SAPD

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het op 21 Augustus 2021 met die SAPD en die Tshwane-metropolisie saamgewerk om dié gebied te beveilig. Twee operasies is suksesvol uitgevoer.

Met die eerste operasie het die buurtwag se Pitbull-span om 03:00 die oggend ’n patrollie gehou om misdaad in die omgewing te voorkom. Die patrollie is te voet, per fiets en in voertuie uitgevoer. Met die tweede operasie het die buurtwag saam met die SAPD en die Tshwane-metropolisie se eenheid vir grondbesetting gewerk tydens ’n klopjag op die koppie in Colbyn Ridge.

“Ons veiligheid is eerstens ons eie verantwoordelikheid. Daarom offer ons lede hul eie tyd, energie en hulpbronne op om hul gesinne, families en bure veilig te hou,” sê André Visser, inligtingsbeampte van AfriForum se Groter Moot-buurtwag.

“Ons wil gemeenskappe aanmoedig om te help met hierdie projekte en om waaksaam te wees. Rapporteer asseblief misdaad, verdagte aktiwiteite en wetteloosheid. Indien jy nog nie deel is van een van die veiligheidstrukture in jou gemeenskap nie, is dit nou tyd om betrokke te raak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-gebied.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifiëring op die gratis Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen. Andersins kan jy “Groter Moot” na 45340 SMS (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN