Header Artwork
AfriForum se Boksburg-buurtwaglede dra by tot reusesukses 

AfriForum se Boksburg-buurtwaglede het op 17 Julie 2021 saam met die plaaslike SAPD ’n spesiale operasie uitgevoer.

Dié operasie het padblokkades regdeur die dorp ingesluit. Die padblokkade wat by Atlasweg gehou is, het veral vrugte gedra toe daar beslag gelê is op twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie vir verskeie vuurwapens en dagga.

“Dit is groot suksesse soos dié wat gemeenskappe beveilig en wat die verhoudings tussen veiligheidstrukture in gemeenskappe versterk,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Ungerer voeg by dat AfriForum dankbaar is om saam met die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye te werk om die gemeenskappe te beveilig. “Dit het in die laaste paar weke weer duidelik geword dat buurtwagte en ander veiligheidstrukture binne die gemeenskap van kritiese belang is om die owerhede by te staan wanneer gemeenskappe in gevaar is,” sluit Ungerer af.

AfriForum se Boksburg-buurtwag sal ook in die toekoms meer gereeld aan hierdie tipe operasies deelneem om misdaad hok te slaan.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN