Header Artwork
AfriForum en Solidariteit Helpende Hand skop noodboksprojek af

AfriForum in samewerking met Solidariteit Helpende Hand het ’n noodboksprojek afgeskop om gemeenskappe te help wat in nood verkeer ná die onluste wat verlede week in dele van Suid-Afrika plaasgevind het. Die twee organisasies word tans oorval met versoeke om hulp van onder meer individue, tehuise en versorgingsplekke.

Die publiek word gevra om noodsaaklike goedere te skenk aan hul plaaslike AfriForum-tak. Meer as 800 kg goedere is reeds die afgelope naweek in sekere gebiede afgelaai om mense in nood te help. Plaaslike AfriForum-takke sal die goedere na Helpende Hand se Josef Silo’s neem vanwaar dit na KwaZulu-Natal en ander gebiede versprei sal word.

Besoek www.noodfonds.co.za vir ’n volledige lys van noodsaaklikhede wat in die noodbokse gepak kan word, asook die plaaslike AfriForum-takke waar die bokse afgelaai kan word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN