Header Artwork
AfriForum se Alberton-tak toon sterk groei in Julie   

Die AfriForum-tak in Alberton het sterk groei in Julie getoon ten spyte van die COVID-19-pandemie en die uitdagende inperkingstydperk wat daarmee gepaardgaan.

Taklede het gewys hoe vinnig hulle ’n aksieplan kan saamstel en implementeer nadat die #FreeZuma-onluste gedreig het om die Alberton-gemeenskap op horings te neem. AfriForum het egter met die betrokke owerhede, sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidstrukture saamgewerk om hierdie bedreigings stop te sit. ’n Massaveiligheidsvergadering is ook op 15 Julie gehou waartydens honderde gemeenskapslede by die Gatwick-verkeersirkel bymekaargekom het om ’n plan te implementeer om die gemeenskap te beskerm.

“Dit is duidelik dat georganiseerde strukture van kardinale belang in ons gemeenskappe is. Die bedreigings kom nie met ’n waarskuwing nie; sonder gevestigde strukture en samewerking in gemeenskappe tussen verskillende rolspelers laat ons die gemeenskap oor aan hul eie genade,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Te midde van al die uitdagings het dié tak ’n nuwe bestuurspan gekies. Hierdie bestuurslede dra die belange en veiligheid van die gemeenskap op die hart. Hou gerus die tak se Facebook-blad dop om die nuwe bestuur beter te leer ken.

Ungerer voeg by dat sowel die tak as die buurtwag betrokke was by die arrestasie van kabeldiewe en die opspoor van ’n gesteelde vrag goedere van hoë waarde.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: Stuur ’n e-pos na alberton@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN