Header Artwork
AfriForum se Swartruggens-tak koop suurstofmasjien aan

Die AfriForum-tak in Swartruggens het op 27 Julie ’n suurstofmasjien aangekoop om die gemeenskap by te staan in ag genome die hoë aantal COVID-19-gevalle in die gebied. Die masjien verskaf 93% suurstof, het ’n aanpasbare vloeitempo om aan die pasiënt se behoefte te voorsien, asook ’n verstuiwer (nebuliser)-funksie. Die tak het ongeveer R13 000 daarop spandeer en is hoopvol dat dit sal help om die nood in die gemeenskap te verlig.

“Gemeenskapslede uit die Lindleyspoort-Swartruggens-omgewing het my gekontak en om hulp gevra. Baie mense wat daar woon het tans COVID-19 onder lede en daarom was die suurstofmasjien noodsaaklik vir hulle. Ons het daarom saam met die tak besluit om betrokke te raak en verligting te bring in hierdie noodsituasie,” sê Gerhard Faber, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Noordwes.

“Die afgelope tyd het baie mense geliefdes aan die dood afgestaan weens die pandemie, terwyl talle ook onrustig is as gevolg van die onluste die afgelope ruk in die land. Dit is daarom van kritieke belang dat AfriForum hoop aan gemeenskappe bring en ek is baie bly dat ons deur middel van die AfriForum-tak in Swartruggens verligting kon bring in hierdie uitdagende tyd,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog by AfriForum se Swartruggens-tak betrokke: SMS “Swartruggens” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN