Header Artwork
#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Klerksdorp-tak pak projekte aan om dorp te verbeter

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het van 24 tot 31 Oktober 2020 aan die organisasie se #VegEnBou-veldtog deelgeneem en verskeie projekte aangepak om die dorp op te hef.

Die tak het slaggate herstel by die Hervormde Kerk in Declercqville asook ’n paar ander plekke in die omgewing. Meer as 50 sakke teer is hiervoor gebruik.

Verkeerstekens rondom Laerskool Meiringspark is vervang en die padtekens by die stoptekens is geverf. Die voetoorgang/padhobbels by Hoërskool Schoonspruit is ook nuut geverf. Dit is vir die tak belangrik om Klerksdorp se skole te help beveilig.

Taklede en vrywilligers het die historiese begraafplaas besoek en skoongemaak en hulle het ook die gras by die kindergrafte in die konsentrasiekampbegraafplaas gesny. Roelf Marx het ook daar interessante staaltjies uit die geskiedenis van Klerksdorp aan lede van die gemeenskap vertel.

Twee vaderlandswilgers elk is aan Laerskool Meiringspark en Hoërskool Schoonspruit geskenk en die skole het die bome geplant. Die tak het ook oulike penne aan die gr. 7- en gr. 12-leerders gegee.

Die tak het ook tydens die week ’n opbouende sakeontbyt aangebied met Willie Spies as spreker, met die tema: Die toekoms wat ons toekom. Dit is heel gepas in die oudste huis in Klerksdorp aangebied wat nou ’n venue is, Fountain Villa.

Vanweë klagtes oor die gehalte van die water in die Schoonspruit, is watertoetse uitgevoer om die gehalte te bepaal en daar word nog op die uitslae daarvan gewag.

Die baie suksesvolle week is afgesluit in die Ellaton-woonbuurt waar die AfriForum-buurtwag stoptekens in hul buurt vervang het.

“Ons wil almal wat gehelp het en skenkings gemaak het, bedank vir hierdie onbaatsugtige bydrae – ons waardeer dit opreg. Dit is wonderlik om te sien hoe ’n gemeenskap saamstaan en werk om hul omgewing te verbeter. Ons moet aanhou om die regte ding te doen, uiteindelik sal ons die verskil sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Sluit vandag nog by AfriForum se Klerksdorp-tak aan en word deel van die verskil: SMS “Klerksdorp” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN