Header Artwork
Umalusi-akkreditasie van matrieksertifikaat bewys noodsaaklikheid van hofsaak om herskryf te verhoed

AfriForum het Umalusi se aankondiging vandag verwelkom dat dié gehalteraad die 2020 matrieksertifikaat gaan akkrediteer. Volgens dié burgerregteorganisasie is dit ’n bewys dat Umalusi se uitsprake verlede jaar – dat die 2020-eindeksamen weens gelekte vraestelle in gedrang is – voortydig was. Dit dui verder daarop dat AfriForum se hofaansoek om die besluit van die Departement van Basiese Onderwys te beveg, naamlik dat alle betrokke matrikulante dié vraestelle moet oorskryf, nodig was om te verhoed dat duisende onskuldige matrikulante benadeel word.

Dit volg nadat AfriForum en verskeie ander aansoekers in Desember 2020 ’n suksesvolle hofaansoek gebring het om die departement se besluit om te keer dat die gelekte Wiskunde II- en Wetenskap II-eindeksamenvraestelle deur almal oorgeskryf moes word. Die departement het intussen die ondersoek na die gelekte vraestelle afgehandel en bevind dat dit beduidend klein was. Ten spyte hiervan wou die departement verlede jaar – gebaseer op ’n voorlopige ondersoek – gelas dat matrikulante landwyd die vraestelle moes oorskryf.

Volgens Natasha Venter, bestuurder van Onderwysregte by AfriForum, moet die departement nou aandui watter maatreëls in plek gestel gaan word om te verhoed dat ’n soortgelyke voorval weer plaasvind. “Kommunikasie- en sosialemediaplatforms soos WhatsApp is onlosmaakbaar deel van ons lewens. Ons is dankbaar vir die presedent wat die hofuitspraak oor die gelekte vraestelle daarstel. Die uitspraak sal verhoed dat die departement in soortgelyke gevalle in die toekoms eensydig kan besluit dat alle betrokke matrikulante ’n gelekte vraestel moet oorskryf sonder dat dit ’n behoorlike ondersoek gedoen het.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN