Header Artwork
AfriForum se Phalaborwa-tak maak begraafplaas skoon

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het op 13 Februarie 2021 die plaaslike begraafplaas skoongemaak nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor die toestand van dié begraafplaas.

Volgens Hardus Fourie, voorsitter van AfriForum se Phalaborwa-tak, was die begraafplaas oorgroei met bosse en onkruid. “’n Begraafplaas behoort ’n plek te wees waar mense respek aan hul oorlede geliefdes kan betoon. Die onversorgde toestand van die begraafplaas is onaanvaarbaar, en die tak het daarom besluit om die begraafplaas self skoon te maak,” sê Fourie.

“Mens wil graag hê dat die laaste rusplek van jou geliefdes skoon en veilig moet wees sodat jy nie ongemaklik of onveilig voel om die begraafplaas te besoek nie,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog by AfriForum se Phalaborwa-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN