Header Artwork
Skole wat gereed is, moet toegelaat word om te open

Die burgerregteorganisasie AfriForum beoog om ’n dringende skrywe te rig aan die Nasionale Bevelsraad, asook die Departement van Onderwys om hulle te oortuig om skole wat kan bewys dat hulle aan COVID-19-protokolle voldoen, sal toelaat om aansoek te doen om – soos beplan – op 27 Januarie 2021 vir leerders te open. Dit kom nadat die departement vandag aangekondig het dat openbare skole eers op 15 Februarie vanjaar mag heropen.

Volgens Natasha Venter, adviseur vir onderwysregte by AfriForum, is dit in die belang van leerders en ouers dat skole, waar die nodige veiligheidsmaatreëls in plek is, heropen soos beplan. “Leerders het reeds verlede jaar gely weens die chaos wat die inperkingsregulasies meegebring het, en ons kan nie bekostig dat hulle verder agter raak nie. Baie skole het reeds die nodige reëlings getref om na personeel en leerders se gesondheid om te sien. Dit is daarom onregverdig van die Departement van Onderwys om dié skole te benadeel omdat die departement nie ingegryp het om toe te sien dat skole wat nie self die nodige maatreëls in plek kon stel nie, wel na behore toegerus is nie.”

Die verdere uitstel van die heropening van skole vir die 2021- akademiese jaar skep volgens Venter ook baie onsekerheid by leerders. “Skole gaan moet aanpas by die nuwe normaal wat die virus tot gevolg gehad het. Die regering se gesloer met die verskaffing van ’n entstof en die weiering dat ander rolspelers hierin ’n rol speel, asook die moontlikheid van verdere vlae van infeksies, beteken dat ons nog vir ’n wyle veiligheidsmaatreëls gaan moet volg – iets wat baie skole reeds goed regkry. Dit beteken egter nie dat kinders se opvoeding, sosiale ontwikkeling en welstand agterweë kan bly nie.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN