Header Artwork
AfriForum stig Holrivier-plaaswag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 13 Januarie 2021 ’n nuwe plaaswag in die Matzikama-distrik gestig. Die Holrivier-plaaswag is reeds dié organisasie se tiende veiligheidstruktuur wat in die Matzikama-distrik op die been gebring is.

Alvorens ’n plaaswag gestig mag word, word 30 gedragskodes benodig. Die bestuur bestaan uit die volgende lede: Eric van Zyl (buurtwagleier) en Maanz Zandberg (koordineërder). Ander AfriForum-buurt- en plaaswagte in die nabye omgewing het al verskeie suksesse behaal. AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding.

“Die plaaswag vorm deel van die Vredendal-takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood te help,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons plaaswag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van ons polisie alleen laat rus nie, ons moet self betrokke raak,” sê Wilco Engelbrecht, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Vredendal-tak.

Die gemeenskap word aangemoedig om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak deur by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak: SMS “Vredendal” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN