Header Artwork

Elke keer as pres. Cyril Ramaphosa die land toespreek lig hy die belangrikheid van die stryd teen geslagsgebaseerde misdaad uit en beloof dat dié wat hulself daaraan skuldig maak, gestraf sal word. Desondanks is die kans dat iemand in Suid-Afrika aan koperdiefstal skuldig bevind word groter as die kans dat hul aan verkragting skuldig bevind sal word. Celeste Gouws, ’n slagoffer en privaatvervolger, word tans deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid bygestaan omdat die direkteur van openbare vervolgings in die Oos-Kaap geweier het om haar vermeende verkragter in 2017 te vervolg. Die verhoor begin môre in die Somerset Oos-streekhof. Volgens Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is dit skreiend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie hul onderneming – om sake van geslagsgebaseerde geweld op ’n ernstige grondslag te hanteer – met meer erns bejeën nie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN