Header Artwork
AfriForum se Delmas-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Delmas het die afgelope paar naweke meer as 40 sakke teer (6 ton) gebruik om slaggate in Vleistraat by die gholfbaan in Delmas te herstel. AfriForum-taklede, die plaaslike Spur en vrywilligers van Delmas het saam gewerk om dié slaggate op te vul.

“Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit. Ons wil inwoners en skole aanmoedig om ons plaaslike AfriForum-tak te kontak om by dié projek betrokke te raak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Mpumalanga.

“Die tak sal vanjaar soortgelyke volhoubare selfdoenprojekte aanpak. As ons as gemeenskap saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

AfriForum moedig Delmas-inwoners aan om by die plaaslike tak in te skakel en sodoende ’n wesenlike verskil in die gemeenskap te maak. SMS “Delmas” na 45350 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN