Header Artwork
Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede

Die polisie het vandag die ouers van ’n ses maande oue babadogtertjie in hegtenis geneem op strafregtelike klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het dokters op 24 Julie 2020 ondersteun om dié strafregtelike klagtes in te dien. Die baba is tans in veilige bewaring.

Die baba is in Julie in ’n hospitaal in Pretoria opgeneem met verskeie beenbreuke (wat volgens dokters op verskillende tye plaasgevind het) en beserings ooreenstem met poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling. Sy is in April 2020 (toe sy vyf weke oud was) by dieselfde hospitaal opgeneem – ook met beserings wat op kindermishandeling dui. Haar dokters en ’n privaat maatskaplike werker het toe ’n saak by die SAPD en Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aanhangig gemaak en aanbeveel dat die baba uit haar ouers se sorg verwyder word. Hoewel die ouers in die hof verskyn het, is die aanklag teen die pa teruggetrek weens ’n skynbare gebrek aan getuienis. Die SAPD het die dossier toe sonder verdere ondersoek gesluit. Die baba was in daardie tyd tydelik in haar ouma se sorg geplaas, maar is daarna aan haar ouers terugbesorg.

Volgens Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verwelkom AfriForum dié inhegtenisname. “Dit is egter betreurenswaardig dat die stelsel hierdie weerlose kind in die eerste plek in die steek gelaat het en vroeër vanjaar toegelaat het dat sy in ’n lewensbedreigende omgewing teruggeplaas word. Die privaatvervolgingseenheid sal die saak bly moniteer om te verseker dat die baba die nodige beskerming kry en die skuldiges aan die pen ry.”

Lees die vorige verklarings hier:

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN