Header Artwork
#OnsDorp-projek: AfriForum se Wolmaransstad-tak maak dorp skoon   

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het op 17 November ’n skoonmaakaksie op die hoek van Kruger- en Kempstraat as deel van hulle #OnsDorp-projek aangepak.

Zayd Omar, die beampte vir plaaslike regering, het leiding geneem en die aksie aan die gang gekry. Die gras is gesny, takke wat sig belemmer het, is afgesaag en vullis is opgetel.

Die Maquassi Hills Plaaslike Munisipaliteit bly in gebreke om die dorp netjies te hou, daarom het die AfriForum-tak ingespring. Dit is nie net ’n veiligheidsrisiko nie, maar ook ’n gesondheidsrisiko om in ’n dorp te woon wat nie netjies is nie. Die tak beplan om voortdurend aandag aan die netheid en die veiligheid van die dorp te skenk.  

“Hoewel dit onaanvaarbaar is dat die munisipaliteit nie hulle werk doen nie, kan mens jou nie daarteen blind staar en niks daaromtrent doen nie. Ons is uiteindelik verantwoordelik vir ons eie veiligheid en gesondheid, daarom moet ons help en dinge self doen. Ek het groot waardering daarvoor dat die tak gehelp het en iets aan die jammerlike toestand begin doen het,” sê Alta Pretorius, streekskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by die AfriForum-tak in Wolmaransstad betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Wolmaransstad” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN