Header Artwork
#OnsDorp-projek: AfriForum se Vaalharts-tak knap parkie en monument op

AfriForum se Vaalharts-tak het op 14 November ’n skoonmaakaksie aangepak by die parkie op die hoek van Stasiestraat en Phokwaniweg in Hartswater. Die Memorable Order of Tin Hats Caprara Shellhole-monument is ook tydens hierdie aksie skoongemaak en gerestoureer.

“Die teorie oor gebreekte vensters, wat in 1982 voorgestel is, koppel wanorde en tekens van verval binne ’n gemeenskap aan hoër misdaadsyfers. Die idee is dan dat dorpe waar daar gereeld opknappingswerk en skoonmaakaksies is, laer misdaadsyfers sal hê aangesien ’n skoon omgewing mense met trots vervul,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo. “Daarom is dit belangrik dat ons as gemeenskap verantwoordelikheid moet neem om ons dorpe skoon en netjies te hou sodat ons weer iets het om op trots te wees.”

“Geskiedenis is vir ons almal van groot belang – dit help ons om uit die verlede te leer en ook om die helde van ons land te herdenk,” sê Smit. “Daarom is dit ook vir ons belangrik om hierdie monument skoon en in stand te hou sodat diegene wat ná ons kom ook nog hierdie stukkie geskiedenis kan geniet.”

Die tak wil ook hulle dank teenoor Pioneer Trekker en Motors en Danie Basson uitspreek vir hulle hulp met die projek.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN